Tekstlogo: De appel speelt
 
 
 

 


nog xx dagen voor de
première van Herakles

Herakles genomineerd voor Toneel Publieksprijs!

Lees verder...
De Appel blij met positief advies

Lees verder...
Herakles: 4 sterren in NRC Handelsblad en 4 in de Volkskrant!
Ook o.a. Trouw, Den Haag Centraal en De Telegraaf en de publieksreacties laaiend enthousiast
Lees verder...
De Appel wint Den Haag Marketing Promotieprijs!

Lees verder...
De foto's van Herakles
De foto's uit de voorstelling, gemaakt door Leo van Velzen !
Lees verder...
Wethouder Marjolein de Jong opent vernieuwde Appelfoyer
Na de ingrijpende verbouwing werd de vernieuwde Appelfoyer op 17 februari 2012 door wethouder Marjolein de Jong en artistiek leider Aus Greidanus sr. officieel voor geopend verklaard.
Lees verder...
Interviews met Aus Greidanus sr., Aus Greidanus jr., Guus van Geffen, Fred van de Schilde, Bob Schwarze en Hugo Maerten
Aus sr. regisseerde alle marathons, Guus van Geffen ontwierp de decors, Fred van de Schilde deed productieleiding, Hugo Maerten speelde in allemaal, voor Aus jr. is het de eerste en Bob Schwarze speelt Herakles.
Lees verder...
De Herakles cadeaukaart
Koop een mooi vormgegeven cadeaukaart bij de kassa van het Appeltheater. Er zijn cadeaukaarten van € 10,-, € 25,- en € 50,-
Lees verder...
Beleidsplan 2013-2016
Met een terugblik en evaluatie van 2009 - tot op heden en plannen en activiteiten voor de periode 2013-2016
Lees verder...
Gemeente Den Haag helpt De Appel duurzaam te zijn
De Appel vermindert CO2 uitstoot spectaculair
Lees verder...
De Appel krijgt OIKOS Publieksprijs!
Aus Greidanus sr. heeft 17 juni de OIKOS Publieksprijs in ontvangst genomen
Lees verder...

Ararat

Beeld: Ararat bekoor in die reën en modder

Die aktrise en dramaturg Nicola Hanekom is pas terug uit Nederland, waar Ararat, wat tydens vanjaar se KKNK gedebuteer het, uitverkoop was op die Oerol-fees.
Kobus Burger
gesels met haar oor die muggies, modder en 'n nuwe projek.

Om in die opelug op 'n eiland in die middel van die Noordsee teater te skep, is nie speletjies nie.

Buiten die reën en wind is daar muggies en selfs perde waarmee 'n mens moet rekening hou.

Só vertel die aktrise en dramaturg Nicola Hanekom, wat verlede week uit Nederland teruggekeer het.

Hanekom het die rol van 'n meermin vertolk in Ararat, 'n ko-produksie tussen die KKNK in Oudtshoorn en die Oerol-fees in Nederland.

Ararat het vroeër vanjaar op die KKNK in 'n volstruiskamp buite Oudts?hoorn gedebuteer en is toe van 13 tot 20 Junie op die eiland Terschelling op die Oerol-fees opgevoer.

"Die eerste drie dae was baie nat en heel koud. Ons het 'n bietjie gebibber," vertel Hanekom.

"Die grootste probleem was die muggies. Ons het goed aangesmeer, maar een aand het 'n muggie in my oog gevlieg.

" 'n Ander aand het ek in die gras vir die gehoor gelê en wag met een van daardie kersies wat die muggies wegjaag op my voorkop."

Die Oerol-gehore het Ararat nietemin met ope arms verwelkom. "Die gehore was fantasties. Ons was elke aand uitverkoop en is staande toegejuig."

Daar was altesame agt vertonings van Ararat, wat 'n voorskou ingesluit het. "Ongelukkig het die een uitgereën. Die gehoor het bly sit toe dit begin reën het, maar die tegniese ou het gesê ons moet ophou. Een van die kopmikrofone wat ons gebruik, kos €800 en hulle wou nie die kans vat nie."

Ararat is deur die Nederlandse regisseur David Geysen van die toneelgroep De Appel in Den Haag geskep met die Suid-Afrikaanse akteurs Hanekom, David Johnson, Albert Pretorius en Gaëtan Schmidt in die rolle.

"Op Oudtshoorn was die stuk soos 'n western. Op Oerol was dit soos 'n fairy tale. Die veld waarin ons gespeel het, was baie lush, groen en nat.

"My meermin was (daar) nie so spesiaal nie. Dit is 'n eiland, omring deur die see.

"Die landskap was meer dramaties in Oudtshoorn. Die stuk is eintlik geskep vir Oudtshoorn, so die gat waarin Gaëtan sit, die stof en die beligting het beter gewerk in die Karoo.

"Die oomblik as jy op Oerol begin grawe, is daar grondwater. Gaëtan moes in sy gat op plastiekvlotte dryf, want jy grawe iets soos 30 cm en dan is dit net water."

Al vind Oerol in die Nederlandse somer plaas, is dit steeds vir Suid-Afrikaners 'n betreklik "koel" fees met reënbuie wat gereeld uitsak.

Die temperatuur en koue was nogal veeleisend, erken Hanekom. En die modder. "Ek dra hoëhakke en moet mos hardloop en dan sit my skoene in die modder vas. Ek moes dit later maar net deel maak van my karakter.

"En ek staan mos op een stadium op my kop. Die een aand het die water tot by my wenkbroue gekom."

Volgens Hanekom was Ararat steeds komies vir die Nederlanders, al praat hulle heelwat Afrikaans en spot selfs 'n bietjie met Suid-Afrika. "Dis net die ADT-tekens (sekuriteit) wat hulle nie gesnap het nie."

"Party gehore het nie geweet van Suid-Afrika of Afrikaans nie en 'n mens kon hoor hoe vra hulle vir mekaar: ‘Is dit Fries? Of Vlaams?' "

Hanekom, wat tans repeteer aan Samoerai - wat Donderdag, Vrydag en Saterdag tydens die Innibos-fees in Nelspruit opgevoer word - sê Oerol het haar geïnspireer.

"Ek is nou besig om aan 'n nuwe show te skryf wat ook site-specific gaan wees. Dit speel rondom 'n swembad af en ek het reeds tydens Oerol gaan kyk vir mere of swembaddens waar ons dit hopelik volgende jaar kan opvoer."

Sy sê die organiseerders van Oerol wil graag met Suid-Afrikaanse teaterskeppers bande smee en daarom hou sy duim vas haar swembad-stuk word 'n ko-produksie.

Wat sy op die oomblik ná die Oerol-ervaring voel, is 'n "bietjie hartseer".

"Ek voel baie geïsoleerd (in Suid-Afrika). Ons is baie geïsoleer weens ons finansiering. Ons kan meer interact met mense van Europa.

"Wat ek baie geniet het, is dat hulle nie die Amerikaanse model van teater skep, najaag nie. Vir die Europeërs gaan dit ook oor die kuns en nie die kommersiële aanslag nie. Dit gaan vir hulle nog oor die (toneel)spel, nie oor hoe mense lyk nie. Kuns het daar nog waarde."

| Meer